Koop direk – Afrikaanse Avontuur

Afrikaanse Avontuur

Die Afrikaanse Avontuur reeks van Say Books is opnuut geredigeerde heruitgawes van die oorspronklike lekkerlees-boeke wat rondom die 1950s deur Pronk boeke in Suid-Afrika uitgegee is.

Met elke “koop direk” kry jy die boek in MOBI formaat (vir Kindle en Kindle toepassings) sowel as EPUB formaat (vir die meeste ander e-lesers en e-lees toepassings). Instruksie oor hoe om die dokumente af te laai en op jou rekenaar te lees is hier. Instruksies vir iPad, ens. sal binnekort bygevoeg word. Lekker lees!

Die betaal-skakels is betroubare PayPal skakels. As jy nie ‘n PayPal rekening het nie, kliek eenvoudig op die skakel wat sê “Don’t have a PayPal account?” en jy sal per kredietkaart kan betaal. (Die skakel verskyn onderaan die teks nadat jy op “Checkout with PayPal” gekliek het.)

 

Die Swart Luiperd reeks

Spoor na die Onbekende

Spoor na die Onbekende - Cover

$US2.99

Tromme in die oerwoud vra die Swart Luiperd om te kom help. Vreemde tiers wat gloei in die nag saai verwoesting onder stamlede en daar is sprake van ’n gevaarlike Woedoe-sekte wat die Masai oprui… Die Swart Luiperd leer hulle maar alte goed ken wanneer hy self deur die Aanbidders van die Sekelmaan gevange geneem word en in ’n hok vol Bengaalse tiers gestop word!

Add to Cart View Cart

 

Kloue van die Valk

Kloue van die Valk - cover

$US2.99

Op besoek in Colesberg se wêreld loop die Swart Luiperd hom vas in ’n bende perdediewe onder leiding van ’n wreedaardige skurk genaamd die Valk. Hy en sy manne, insluitend ’n Portugese reus en ’n span Boesman-boogskutters, terroriseer die plaaslike boere en hul werkers. Maar hulle misgis hulle lelik met die Swart Luiperd… hy kan man-alleen verwoesting onder hulle saai!

Add to Cart View Cart

 

 

SA Polisie reeks

My Metgesel die Dood

My Metgesel die Dood - Cover

$US2.99

Net as hul polisie-opleiding klaarmaak, beland Kobus Roode se beste vriend in die kloue van ’n smokkelbende wat nie skroom vir moord as hul bedrywighede bedreig word nie. Hoe meer Kobus van Dr. Gooma se manne te wete kom, hoe gevaarliker raak die wêreld vir hom. Sluipmoordenaars agtervolg hom na sy eerste buitepos in verre Zoeloeland, waar soveel polisiemanne voor hom reeds hul dood teëgekom het.

Add to Cart View Cart

 

 

Temmers van die Woestyn reeks

Slagoffers van die Richtersveld

Slagoffers van die Richtersveld - Cover

$US2.99

’n Geleerde verdwyn wanneer hy die onherbergsame Richtersveld invaar op soek na ’n legendariese stam van vroue-vegters wat mans as slawe aanhou en bobbejane as waghonde. As sy broers hom kom soek, loop hulle gelukkig vir Kobie Ras en Hanna Fouché raak, die Temmers van die Woestyn. Saam moet hulle om oorlewing veg teen Boesmans, bobbejane, reuse-waterslange en verwoede vlermuise… om van die vroue-vegters nie te praat nie!
Add to Cart View Cart