Nadat jy ‘n boek direk van ons webwerf gekoop het, sal jy dalk wonder hom om hom op jou rekenaar te lees.
Ooprits (unzip)
- Laai die zip-dokument af.
- Regskliek op die zip-dokument, kliek op ‘Extract all…’ en kies waar jy die dokumente wil bêre.
(Vir meer besonderhede oor ooprits (unzip), lees: http://www.glyphnotes.com/gn-zip.cfm)
Die MOBI dokument
- Bêre die MOBI dokument waar jy dit weer maklik sal kry.
- Laai Kindle for PC af en installeer dit soos in die skakel aangedui. (Jy sal ‘n Amazon-rekening moet hê – dis gratis.)
- Gaan na die MOBI dokument toe wat jy gebêre het, regskliek en kies ‘Open with’ >’Kindle for PC’, en die eboek behoort vir jou oop te gaan.
Die EPUB dokument
- Bêre die EPUB dokument waar jy dit weer maklik sal kry.
- Laai Adobe Digital Editions af en installeer dit soos in die skakel aangedui. (Jy sal ‘ n Adobe rekening moet hê – dis gratis.)a
- Gaan na die EPUB dokument toe wat jy gebêre het, regskliek en kies ‘Open with’ >’Adobe Digital Editions’, en die eboek behoort vir jou oop te gaan.
Lees aanlyn
Ibisreader
Alternatiewelik kan jy die EPUB aanlyn lees deur dit op te laai in Ibisreader, ‘n uitstekende aanlyn leesportaal vir eboeke. (Die omslag is egter nie altyd sigbaar nie.)
- Gaan na ibisreader.com en registreer – dis gratis.
- Kliek op ‘Add books’.
- Soek die betrokke EPUB dokument op jou rekenaar.
- Kliek OK, en die boek sal opgelaai word.
- Dubbelkliek op die titel en jy sal die boek kan lees.